Word 'n Lid

Opsies beskikbaar :

Word ‘n lid van die PVSA en geniet die volgende voordele as lid van die grootste papegaaitelersvereniging in Suidelike Afrika By registrasie ontvang jy ‘n unieke lewenslange telerskode wat op jou ringe aangebring word om jou voels hul lewe lank te identifiseer. Lede is geregtig om ringe van uitstaande gehalte teen die beste pryse by die PVSA te bestel. U word voortdurend op hoogte gehou van verwikkelinge op die voelfront deur die PVSA se nuusbrief Fokus, en die wedblad. Daar is ook baie ander aanbiedinge uitsluitlik vir lede op die Produkteblad op die web.

Daar is twee maniere om lid te word van die PVSA:

Sluit aan by 'n klub wat by die PVSA geaffilieer is.

Betaal 'n eenmalige registrasie fooi van R 50.00 en R 150 per jaar deur die klub.
(Klublidmaatskapgelde uitgesluit en jaarlikse verhoging ingesluit)
Ringbestellings kan direk aan PVSA kantoor gestuur word en hoef nie noodwendig deur klub bestel te word nie.

Sluit aan as individuele lid.

Betaal 'n eenmalige registrasiefooi van R 50.00 en R300 per jaar direk aan die PVSA (onderhewig aan prysverhogings).
Ringe word direk van die PVSA kantoor bestel.
Kliek Hier vir 'n aansluitingsvorm "PDF"
Kliek Hier vir die heraansoek vorm "PDF"